2 Corinthians 12:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het 'n dwaas geword in roem; julle het my gedwing, want ek moes deur julle geprys gewees het, want in niks is ek agter die heel vernaamste apostels nie, al is ek niks. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het nou eintlik dwaas geword, maar julle het my daartoe gedwing. Want ek moes eintlik deur julle aanbeveel gewees het. Al is ek ook niks, staan ek niks agter vir daardie danige superapostels nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al roemende het ek dwaas geword. Julle het my daartoe genoodsaak. Want ek moes deur julle aanbeveel geword het; want ek het niks by die uitnemende apostels agtergestaan nie, al is ek niks nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het nou soos 'n dwaas opgetree. Julle het my daartoe verplig. Eintlik is dit julle wat in my guns moes gepraat het, want al is ek niks, staan ek niks agter by daardie danige apostels nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het soos 'n dwaas opgetree! Julle het my daartoe gedwing, want ek moes eintlik deur julle aanbeveel gewees het, omdat ek geensins agtergestaan het by die sogenaamde super-apostels nie, al is ek ook niks. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ek so spog, dan doen ek dieselfde soos 'n dom mens doen. Maar dit is júlle wat my dit laat doen. Want julle is die mense wat vir my moes geglo het. Party van daardie vals apostels dink dat hulle beter is as ek en hulle sê dat ek niks beteken nie, maar ek is so goed soos hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, ek het toe soos ’n dwaas oor myself gaan staan en praat. Maar julle het my gedwing om dit te doen. Dit sou nie nodig gewees het as julle my goeie naam beskerm het voor daardie danige apostels wat nou in Korinte is nie. Al dink hulle dat hulle verskriklik belangrik is, staan ek nie ’n enkele tree terug vir hulle nie. Natuurlik is ek glad nie iets besonders nie. Ek is net ’n doodgewone mens. |