2 Corinthians 12:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is vir my ongetwyfeld nie nuttig om te roem nie. Ek sal by visioene en openbarings van die Here kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ek dan moet grootpraat — al is dit nou wel nie nuttig nie, sal ek uitkom by gesigte en openbarings deur die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here. |
| Afrikaans 1983 | Om te roem, het wel geen sin nie, maar terwyl dit dan nou moet, kom ek by gesigte en openbarings wat die Here gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As daar dan geroem moet word, is dit nie voordelig nie; maar ek kom nou by gesigte en openbarings van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Om te spog, help 'n mens niks, maar partymaal moet 'n mens 'n bietjie spog. Ek wil nou iets sê. Die Here het iets met 'n persoon laat gebeur en Hy het vir hom dinge gewys wat niemand anders gesien het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit help nie om te spog soos ek nou maak nie. Daarom doen ek dit heeltemal teen my sin. Maar omdat ek in elk geval nou daarmee besig is, kan ek net sowel met julle praat oor die visioene en openbarings wat die Here my laat beleef het. |