2 Corinthians 11:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe ek by julle teenwoordig was en wou, was ek aan niemand verskuldig nie; want wat aan my ontbreek het, het die broeders wat uit Masedonië gekom het, voorsien; Ek hou myself. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe ek by julle was en ’n tekort ondervind het, het ek vir niemand ’n las geword nie, want die broers wat van Masedonië af gekom het, het ten volle aangevul wat ek kortgekom het. Ek het my weerhou en sal my ook verder daarvan weerhou om in enige opsig vir julle ’n las te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want in my gebrek het die broeders voorsien wat van Macedonië gekom het. En ek het my in alles in ag geneem om julle nie te beswaar nie, en ek sal my in ag neem. |
| Afrikaans 1983 | Toe ek by julle was en geld kortgekom het, het ek niemand lastig geval nie, want die broers wat van Masedonië af gekom het, het ruim in my behoeftes voorsien. Ek het gesorg en sal ook verder sorg dat ek in geen opsig vir julle 'n las word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En terwyl ek by julle was en 'n tekort gehad het, het ek ook niemand geldelik belas nie, want die broers wat van Macedonië af gekom het, het voldoende in my behoeftes voorsien. Ek het my daarvan weerhou, en sal my daarvan weerhou, om in enige opsig vir julle 'n las te wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe ek by julle was en nie geld gehad het nie, het ek vir niemand van julle gepla en geld gevra nie. Die gelowiges van Masedonië het my gehelp toe hulle in Korinte gekom het. Ek het nooit vir julle geld gevra vir myself nie, en ek sal dit ook nooit doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek onthou nog die keer toe ek nie ’n sent op my naam gehad het nie. Maar nie eens toe het ek dit gewaag om julle te vra om my te help nie. Nee, ’n groepie Christene uit Masedonië het my uit my geldelike verknorsing kom help. Ek was nog nooit ’n geldelike las vir julle nie. So sal dit in die toekoms ook bly. |