2 Corinthians 11:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Het ek 'n oortreding begaan deur myself te verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God vryelik aan julle verkondig het?
Afrikaans (NLV) 2011 Het ek miskien ’n fout gemaak deur myself te verneder om julle gees op te hef omdat ek God se Goeie Nuus gratis aan julle gepreek het?
Afrikaans 1933/1953 Of het ek sonde gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?
Afrikaans 1983 Sonder vergoeding het ek die evangelie van God aan julle verkondig. Ek het my verneder sodat julle opgehef kon word. Was dit miskien verkeerd van my?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Of het ek 'n sonde begaan deur myself te verneder, sodat julle verhoog kon word, omdat ek die evangelie van God sonder betaling aan julle verkondig het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dink julle ek was verkeerd omdat ek nie geld gevra het nie toe ek die goeie boodskap van God vir julle gepreek het? Party mense dink miskien dat ek myself verneder het, maar dit was omdat julle vir my so belangrik was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek vra my af of ek nie ’n groot fout gemaak het toe ek die goeie nuus oor God daar by julle kom bekendmaak het nie. Ek het julle soos ’n slaaf gedien sodat julle al die eer kon kry. Ek wou nie ’n sent van julle hê nie.