2 Corinthians 11:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar al is ek onbeskof in spraak, tog nie in kennis nie; maar ons is in alle opsigte volkome onder julle geopenbaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Al is ons dalk nie opgelei in die redenaarskuns nie — wat kennis betref, staan ons geensins terug nie! Dit het ons, toe ons by julle was, by elke geleentheid duidelik laat blyk.
Afrikaans 1933/1953 En al is ek ook onbedrewe in woord, dan tog nie in kennis nie; maar ons het ten volle in alle opsigte openbaar geword by julle.
Afrikaans 1983 Al is ons miskien nie sulke gladde sprekers nie, in die kennis staan ons nie agter nie. Dit het ons julle tog by elke geleentheid en in alle opsigte laat sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek mag onbedrewe wees as spreker, maar nie onbedrewe in kennis nie – dit het ons julle in elke opsig en op allerlei maniere laat sien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek praat miskien nie so goed soos hulle nie, maar ek weet alles wat ek moet weet. Julle het dit gesien toe ons by julle was en toe ons vir julle alles verduidelik het op verskillende maniere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs al is ek nie so glad met my mond soos hulle nie, weet ek baie goed hoe God se raadsplan werk. Dit het julle tog gehoor toe ek daar by julle was.