2 Corinthians 11:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as hy wat kom, 'n ander Jesus verkondig, wat ons nie verkondig het nie, of as julle 'n ander gees ontvang wat julle nie ontvang het nie, of 'n ander evangelie wat julle nie aangeneem het nie, kan julle hom goed verdra.
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand ’n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, of ’n ander Gees of ’n ander evangelie aanvaar as dié wat julle van ons ontvang het, is julle só maklik tevrede daarmee.
Afrikaans 1933/1953 Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
Afrikaans 1983 Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand 'n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik 'n ander gees en 'n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want as iemand 'n ander Jesus kom verkondig wat ons nie verkondig het nie, of julle ontvang 'n ander gees wat julle nie ontvang het nie, of 'n ander evangelie wat julle nie aanvaar het nie, verdra julle dit geredelik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want dit lyk vir my julle glo en aanvaar maklik iemand wat kom en wat vir julle van 'n ander Jesus vertel, nie dieselfde Jesus wat ons vir julle gepreek het nie. Of julle aanvaar miskien 'n ander gees en boodskap, nie die Gees van God en die goeie boodskap wat ons vir julle gebring het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle gee my slapelose nagte! Julle glo elkeen wat deesdae daar by julle kom preek, ook al praat hulle oor heeltemal ’n ander Jesus as ek. Dit maak nie vir julle saak of hulle ’n ander evangelie na julle toe bring as die een wat julle by my gehoor het, en of hulle oor ’n ander gees met julle praat as die Een oor wie ek praat nie, julle eet dit alles vir soetkoek op! Op die oomblik tree daar juis sulke mense by julle op. Kom ek sê sommer reguit vir julle dat daardie sogenaamde wonderlike apostels nie so belangrik is as wat hulle julle probeer wysmaak nie.