2 Corinthians 11:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek vrees dat, soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne enigsins bedorwe sou word van die eenvoud wat in Christus is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is tog bang dat julle gedagtes weggevoer sal word van julle opregte en suiwer toewyding aan Christus, net soos die slang Eva met sy listigheid verlei het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. |
| Afrikaans 1983 | Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ek is bang dat, soos die slang vir Eva met sy geslepenheid mislei het, julle gedagtes dalk bederf kan raak, verwyderd van die opregte en reine toewyding aan Christus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek is bang dat iemand julle sal verlei sodat julle nie aanhou om aan Christus te dink nie. Want dan behoort julle nie net aan Hom nie. Dit is soos toe die slang vir Eva verlei het omdat hy so skelm was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar ek is regtig bang dat julle in dieselfde slaggat sal trap as Eva toe sy deur die slang verlei is. Ek is bekommerd dat julle gedagtes nie meer een honderd persent daarop gerig is om Christus opreg te dien nie. |