2 Corinthians 11:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie is swak, en ek is nie swak nie? wie is aanstoot, en ek verbrand nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Watter medegelowige is swak, en ek voel nie saam swak nie? Wie word tot struikeling gebring, en ek raak nie uitermate ontsteld nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie is swak en ek is nie swak nie? Aan wie word 'n struikelblok in die weg gelê en ek is nie aan die brand nie? |
| Afrikaans 1983 | As iemand swak is, voel ek asof ek self ook swak is; as iemand in sonde val, voel ek asof ek ook deur vuur gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie is swak, en ek is nie ook swak nie? Wie kom tot struikeling, en ek brand nie van ontsteltenis nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As iemand in 'n gemeente swak is, dan is ek saam met hom swak. En as iemand 'n ander persoon sonde laat doen, dan word ek baie kwaad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer party gelowiges wil tou opgooi, voel ek hulle pyn aan my eie lyf. En wanneer hulle in die sonde val, voel dit vir my asof ek self deur die vuur stap. |