2 Corinthians 11:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Behalwe die dinge wat buite is, dit wat daagliks oor my kom, die sorg van al die gemeentes.
Afrikaans (NLV) 2011 Behalwe al dié dinge, was daar nog elke dag die bekommernis oor al die gemeentes.
Afrikaans 1933/1953 Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes.
Afrikaans 1983 Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En afgesien van nog ander ongenoemde dinge, is daar daaglikse druk op my – my kommer oor al die •gemeentes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is nog baie ander dinge wat ek nie genoem het nie. Ek is ook bekommerd oor die werk wat ek elke dag moet doen, ek is bekommerd oor al die gemeentes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Asof dit nie genoeg is nie, moet ek ook nog elke dag ’n groot klomp krisisse hanteer. Die verskillende gemeentes se probleme lê swaar op my hart.