2 Corinthians 11:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In moegheid en pyn, dikwels in waaksaamheid, in honger en dors, dikwels in vas, in koue en naaktheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek weet van harde werk en swaarkry, van baie nagte se wakkerbly, van honger en dors; van dikwels sonder kos te moet klaarkom, van koue en sonder klere wees.
Afrikaans 1933/1953 in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.
Afrikaans 1983 Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) met harde werk en swaarkry, dikwels met slapelose nagte, honger en dors, dikwels sonder kos, koud en nakend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het hard gewerk en swaargekry, ek kon baie maal nie slaap nie, ek was honger en dors, ek het baie maal nie kos gehad nie, ek het koud gekry en ek het nie genoeg klere gehad nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek moes ook baie hard werk. Baie nagte het ek nie ’n oog toegemaak nie. Dikwels het ek niks gehad om te eet of te drink nie. Kos was maar altyd ’n skaarste. Ek het ook nie altyd genoeg warm klere gehad om my teen die koue te beskerm nie.