2 Corinthians 11:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op reise dikwels, in gevare van waters, in gevare van rowers, in gevare deur my landgenote, in gevare deur die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare in die see, in gevare onder valse broers;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was dikwels op reis; in gevare van riviere; van rowers; van my volksgenote; van nie-Jode; gevare in die stad en in verlate gebiede; gevare op see en gevare onder vals medegelowiges.
Afrikaans 1933/1953 dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders;
Afrikaans 1983 Ek was dikwels op reis en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my volksgenote en gevare van heidene; gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dikwels op reis, met gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van die kant van my eie volk, gevare van die kant van die heidene, gevare in die stad, gevare in die woestyn, gevare op see, gevare onder vals broers,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het baie maal ver gereis. Ek het deur gevaarlike riviere gegaan, en daar was baie ander gevaarlike dinge: Daar was diewe, my eie Jode-mense, heidene, daar was stede waar ek swaargekry het, plekke ver van die stede, die see, en mense wat gesê het hulle is Christene maar hulle was vals.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het ook al die wêreld vol gereis. En ek moes al ’n groot klomp gevare trotseer: vol riviere; rowers wat my wou aanrand; my eie volksgenote en ander mense wat nie aan Israel behoort nie wat my prediking verwerp het; gevare in die stede en in woestyne; storms op die see en vals gelowiges wat my in die steek gelaat het.