2 Corinthians 11:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Drie maal is ek met stokke geslaan, een keer is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, 'n nag en 'n dag was ek in die diepte;
Afrikaans (NLV) 2011 drie maal is ek met stokke geslaan, en een keer is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een van daardie kere het ek ’n dag en ’n nag op die oop see oorleef.
Afrikaans 1933/1953 Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, 'n nag en 'n dag het ek op die diepwater deurgebring --
Afrikaans 1983 drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek 'n dag en 'n nag in die oop see deurgebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) drie maal is ek met stokke geslaan; een maal is ek gestenig; drie maal het ek skipbreuk gely; 'n nag en 'n dag lank het ek die diepsee trotseer;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Romeine het my drie maal met 'n stok geslaan, mense het my een maal met klippe gegooi om my dood te maak, ek was op drie skepe wat stukkend gebreek het, en ek het een maal 'n hele nag en dag op die see rondgedryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Drie maal is ek met stokke toegetakel. Een keer is ek met klippe gegooi en vir dood agtergelaat. Drie keer het die skip waarop ek was, gesink. ’n Ander keer moes ek ’n hele dag en nag op die oop see ronddryf.