2 Corinthians 11:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is hulle dienaars van Christus? (Ek praat soos 'n dwaas) Ek is meer; in arbeid meer oorvloedig, in strepe bo maat, in tronke meer gereeld, in sterftes dikwels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is hulle diensknegte van Christus, ek nog meer — nou praat ek regtig asof ek heeltemal van my verstand af is! Wat harde werk betref, uitermate; wat tronke betref, uitermate; wat katshoue betref, in die oortreffende trap; in doodsgevare dikwels. |
| Afrikaans 1933/1953 | Is hulle dienaars van Christus? -- ek praat in uitsinnigheid -- ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels. |
| Afrikaans 1983 | Is hulle dienaars van Christus? En nou praat ek asof ek van my verstand af is: ek nog meer! Ek het harder gewerk, ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan, ek was dikwels in doodsgevaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is hulle dienaars van •Christus? – nou praat ek sonder verstand – ek nog meer: oorvloediger in harde werk, meer dikwels in die tronk, uitermate geslaan, en dikwels in doodsgevaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle spog dat hulle dienaars van Christus is. En nou praat ek regtig soos 'n dom mens: Ek is 'n beter dienaar van Christus. Ek het baie harder gewerk as hulle, ek was meer in die tronk, mense het my baie meer geslaan as vir hulle, ek was baie maal amper dood. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink hulle miskien dat hulle sulke wonderlike dienaars van Christus is? Wel, ek is ’n nog beter dienaar van Christus as hulle. Nou raak ek totaal uitspattig! |