2 Corinthians 11:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek praat oor smaad, asof ons swak was. Maar oral waar iemand vrymoedig is, (ek spreek dwaas), is ek ook vrymoedig.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sê dit tot my “skande” dat ons te “swak” daarvoor was! Nou praat ek regtig soos ’n dwaas: As iemand dit wil waag om te spog, ek kan nog meer spog.
Afrikaans 1933/1953 Tot my skande moet ek erken dat ons daarvoor te swak was; maar as iemand dit aandurf -- ek spreek in dwaasheid -- ek durf ook.
Afrikaans 1983 Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was! Nou praat ek soos 'n dwaas: enigiets waarop iemand aanspraak maak om te roem, daarop kan ek ook roem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sê dit tot my skande, dat ons te swak geword het daarvoor. Maar waaroor iemand ook al waag om te spog – ek praat soos 'n dwaas – ek waag dit ook:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is jammer om dit te sê, maar ons was te swak om dit aan julle te doen. Ek weet ek praat nou soos 'n dom mens, maar as ander mense kan spog, dan kan ek ook spog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek moet nou maar teenoor julle erken dat ek veels te swak is vir sulke behandeling. Ek sal dit nie vat as ander mense sulke dinge aan my doen nie. Julle hou ook baie daarvan as mense spog met al die groot dinge wat hulle vir die Here doen. Daarom doen ek dit nou ook. (Onthou tog net, dit is “die dwaas” wat nou aan die woord is.)