2 Corinthians 11:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want julle ly as iemand julle in slawerny bring, as iemand julle opeet, as iemand van julle neem, as iemand homself verhef, as iemand jou in die gesig slaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle verdra dit as iemand julle op sleeptou neem, as iemand julle uitbuit, as iemand julle inloop, as iemand grootmeneer speel, as iemand julle trompop beledig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle verdra dit mos as iemand knegte van julle maak, as iemand julle opeet, as iemand julle beetneem, as iemand hom aanstel, as iemand julle in die gesig slaan. |
| Afrikaans 1983 | Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want julle verdra dit as iemand van julle slawe maak, as iemand julle uitsuig, as iemand julle misbruik, as iemand hooghartig optree, en julle in die gesig slaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle hou daarvan om iemand se slawe te wees, julle hou daarvan wanneer iemand julle geld vat, wanneer iemand met julle doen wat hy wil, wanneer iemand dink hy is wonderlik, wanneer iemand julle beledig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle hou mos daarvan as mense julle slawe maak van allerhande verkeerde leringe wat hulle in julle kele afdruk. Julle gee ook nie om as hulle julle geld vat met hulle vroom praatjies nie. Dis skynbaar ook nie vir julle ’n probleem dat hulle julle vir hulle eie gewin misbruik nie, of dat hulle op julle neersien en julle soos vloerlappe behandel nie. |