2 Corinthians 11:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek is jaloers oor julle met godvrugtige jaloersheid, want ek het jou aan een man verbind, om jou as 'n reine maagd aan Christus voor te stel.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek is jaloers oor julle eer, want julle is soos ’n jong meisie wat ek aan net een bruidegom toegesê het, en wat ek daarom vlekkeloos aan Christus wil oorhandig.
Afrikaans 1933/1953 Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n reine maagd aan Christus voor te stel.
Afrikaans 1983 Ek waak oor julle met 'n ywer wat van God kom, want julle is soos 'n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloesie, aangesien ek julle aan een Man, aan •Christus, verbind het, om julle as 'n rein maagd aan Hom aan te bied.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is baie lief vir julle, soos God lief is vir julle. Ek is soos 'n pa wat belowe het dat sy dogter met 'n man sal trou wat die pa vir haar gekies het. Daardie man is Christus. Ek wil hê dat julle soos 'n maagd moet wees, ek wil julle vir Christus gee, julle moet net aan Hom behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle weet ek gee verskriklik baie om vir julle. Met ’n ywer wat van God af kom, wil ek julle oppas en beskerm. Ja, ek het as’t ware die verlowing tussen julle en Christus gereël. Daarom is dit ook my plig om julle eendag soos ’n bruid aan Christus af te gee. En ek wil julle soos ’n jongmeisie wat nog nie seksuele gemeenskap met ’n man gehad het nie, na haar bruidegom toe vat. Skoon en rein.