2 Corinthians 11:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom is dit niks groots as sy dienaars ook verander word as dienaars van geregtigheid nie; wie se einde sal wees volgens hulle werke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke. |
| Afrikaans 1983 | Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom is dit ook nie vreemd as sy dienaars hulle ook vermom as dienaars van •geregtigheid nie. Hulle einde sal volgens hulle werke wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom is ons nie verbaas dat die mense wat vir Satan dien, maak of hulle goeie dinge doen nie. God sal eendag vir hierdie vals apostels die straf gee wat hulle moet kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom moet julle glad nie verbaas wees wanneer mense wat vir hom werk presies dieselfde doen nie. Hulle maak maar net asof hulle doen wat God vra. Daar wag groot probleme op sulke mense. Hulle sal die straf kry wat hulle verdien. |