2 Corinthians 11:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want sulke is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in die apostels van Christus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. |
| Afrikaans 1983 | Sulke mense is vals apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want sulke mense is vals apostels, slinkse werkers, terwyl hulle hulleself vermom as •apostels van Christus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie mense is vals apostels. Die dinge wat hulle doen, lei mense op 'n verkeerde pad. Hulle maak of hulle apostels van Christus is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hulle is ’n spul leuenaars wat net maak asof hulle deur Christus as sy apostels aangestel is. |