2 Corinthians 11:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wat ek doen, dit sal ek doen, dat ek die aanleiding kan afsny van die wat aanleiding begeer; sodat waarin hulle roem, hulle gevind kan word net soos ons. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat ek doen, sal ek aanhou doen. Daarmee sal ek die aanleiding afsny van dié mense wat ’n geleentheid soek om as ons gelykes bevind te word in die saak waaroor hulle spog. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wat ek doen, sal ek nog doen om die aanleiding af te sny vir die wat 'n aanleiding wil hê, sodat hulle in die saak waar hulle op roem, net soos ons bevind mag word. |
| Afrikaans 1983 | Soos ek nou maak, sal ek voortgaan om te maak. Daarmee sal ek vir dié mense wat 'n aanleiding soek om te roem dat hulle net sulke apostels soos ons is, elke aanleiding daartoe ontneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar wat ek doen, en sal voortgaan om te doen, is om diegene te verhinder wat 'n geleentheid soek om in die saak waaroor hulle spog, as ons gelykes beskou te word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek vra nie vir julle geld nie, en ek sál ook nie vir julle geld vra nie. Want so wil ek die verkeerde mense keer, ek wil nie hê dat hulle in julle gemeente moet werk nie. Hierdie mense is jaloers, hulle wil hê dat julle trots moet wees op hulle soos julle trots is op ons. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat my werkswyse betref: ek is glad nie van plan om die manier waarop ek vir die Here werk te verander nie. Ek sal daardie spul wat nou by julle optree se vals motiewe ontmasker. Hulle vertel glo vir julle dat hulle ook apostels is, net soos ek. |