2 Corinthians 11:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos die waarheid van Christus in my is, sal niemand my van hierdie grootpratery in die streke van Achaje keer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die waarheid van Christus leef in my. Hierdie is vir my ’n saak van trots en ek sal nie toelaat dat dit my in die omgewing van Agaje ontneem word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So seker as die waarheid van Christus in my is, sal hierdie roem in die streke van Ach je my nie ontneem word nie. |
| Afrikaans 1983 | Hierop is ek trots, en so seker as die waarheid van Christus in my is, sal niemand in die hele Agaje my dit ontneem nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die waarheid van Christus is in my: Hierdie roem van my sal nie verswyg word in die gebiede van Agaje nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is trots daarop dat ek nie vir julle geld gevra het nie, en ek sal in die hele provinsie Agaje daaroor praat. Ek praat die waarheid, Christus weet dit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is baie trots daarop dat ek nie julle geld wil hê nie; Christus weet dit. Niemand daar by julle in die provinsie Agaje sal my oortuig om anders hieroor te dink nie. |