2 Corinthians 10:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek smeek julle dat ek nie vrymoedig mag wees as ek teenwoordig is met daardie vrymoedigheid waarmee ek dink om vrymoedig te wees teen sommige wat van ons dink asof ons na die vlees gewandel het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek vra julle mooi, moenie my verplig om, wanneer ek kom, my voorneme uit te voer om dié wat ons daarvan beskuldig dat ons volgens menslike oorwegings optree, met mening aan te vat nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen om dit aan te durf teen sommige wat reken dat ons volgens die vlees wandel nie. |
| Afrikaans 1983 | Moet my nie dwing om streng te wees as ek kom nie. Ek is seker ek kan my veroorloof om streng op te tree teenoor dié wat ons daarvan beskuldig dat ons uit menslike oorwegings handel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek pleit dat, wanneer ek by julle is, ek nie manhaftig hoef te wees, met die selfvertroue waarmee ek reken om diegene aan te durf wat van mening is dat ons in menslike swakheid handel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek vra: Wanneer ek weer na julle toe kom, dan moet julle nie dinge doen wat my baie kwaai laat word nie. Want ek sal kwaai wees met die mense wat dink dat ons soos wêreldse mense lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou vra ek julle baie mooi: moet asseblief nie maak dat ek regtig kwaai is wanneer ek binnekort na julle toe kom nie. Daardie mense wat vir almal vertel dat ek nie volgens God se wil leef nie, moet veral lig loop. Ek sal nie twee maal dink om hulle voor almal vas te vat oor hulle leuens nie. |