2 Corinthians 10:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Om die evangelie te verkondig in die streke anderkant jou, en nie te roem in 'n ander man se reeks dinge wat aan ons gereed gemaak is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal ons die Goeie Nuus ook in gebiede kan preek wat anderkant julle geleë is, sonder om te roem op werk wat gedoen is in die werkkring van iemand anders. |
| Afrikaans 1933/1953 | om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van 'n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal ons die evangelie ook in streke anderkant julle kan verkondig sonder om te roem op werk wat tot stand gebring is in die werkkring van iemand anders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat ons die evangelie ook in die landstreke anderkant julle kan verkondig, sonder om ons te beroem op die resultate wat in iemand anders se werksgebied bereik is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons wil die goeie boodskap graag ook op ander plekke bring, plekke verder as Korinte. Maar ons wil nie spog oor die goeie werk wat ander mense al klaar daar gedoen het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want ek wil die goeie nuus nog tot ver anderkant Korinte se grense vir mense gaan vertel. God het daardie gebiede ook afgebaken as deel van my werksterrein. Ook daar sal ek nie in ander mense se werksterrein inmeng nie. |