2 Corinthians 10:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nie roem op dinge sonder ons maat nie, dit is op ander mense se arbeid; maar met hoop, as julle geloof vermeerder word, dat ons deur julle grootliks verruim sal word volgens ons heerskappy,
Afrikaans (NLV) 2011 Ons is nie buite perke trots nie, dit wil sê, ons spog nie oor ander mense se optredes nie. Ons hoop dat julle geloof sal toeneem en dat ons werkterrein onder julle nog groter sal word.
Afrikaans 1933/1953 Ons roem nie buite die maat in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring,
Afrikaans 1983 Deur op julle te roem, gaan ons dus nie die perke te buite nie, want dit is nie ander mense se werk waarop ons roem nie. Ons hoop dat julle geloof sal toeneem en dat ons dan onder julle nog meer sal hê om op te roem, steeds binne die perke van ons werkkring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons oorskry ook nie ons perke deur ons op ander mense se arbeid te beroem nie. Ons koester egter die hoop dat, namate julle geloof toeneem, ons arbeid volgens ons werksgebied by julle grootliks mag uitbrei,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons spog nie oor werk wat ander mense gedoen het nie, ons spog nie oor werk wat ons nie self gedoen het nie. Ons hoop en weet dat julle geloof sterker sal word, en dat ons dan nog meer en meer sal werk in julle stad, die stad waar God gesê het ons moet werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom kan niemand my daarvan beskuldig dat ek in iemand anders se terrein in Korinte kom inmeng het nie. Ek glo vas dat, soos julle geloof sterker word, ek sommer nog ’n baie groter werksterrein daar by julle gaan hê.