2 Corinthians 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ons strek onsself nie te bowe nie, asof ons nie na julle gekom het nie; want ons het ook tot by julle gekom deur die evangelie van Christus te verkondig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het dus nie ons perke oorskry deur tot by julle te kom nie. Ons het tog heel eerste tot by julle gekom met die Goeie Nuus van Christus. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus. |
| Afrikaans 1983 | Dus het ons nie ons perke oorskry deur tot by julle te kom nie. Ons het immers vroeër al tot by julle gekom met die evangelie van Christus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons oorskry immers nie ons perke, asof ons nog nie by julle uitgekom het nie; want ons was die heel eerste met die evangelie van Christus by julle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek spog nie wanneer ek sê dat ons tot by julle gekom het nie. Ons hét by julle gekom en ons hét die goeie boodskap van Christus gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek werk slegs binne hierdie werksterrein waaroor God my aangestel het. En julle val ook binne my werksterrein. |