2 Corinthians 10:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ons sal nie roem op dinge sonder ons maat nie, maar volgens die maat van die reël wat God aan ons uitgedeel het, 'n maat om tot by julle te reik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat ons betref, ons sal nie buite perke trots wees nie. Ons bly binne die perk van die grense wat God vir ons uitgemeet het. Dié begrensing sluit julle óók in. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as 'n maat toebedeel het om ook julle te bereik. |
| Afrikaans 1983 | Maar wat ons betref, ons sal met ons roem nie buite die perke gaan nie. Ons bly binne die perke van die werkkring wat God aan ons toegemeet het. Julle val ook binne daardie perke. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar wat ons betref, ons sal nie buite ons perke gaan wanneer ons ons op iets beroem nie, maar binne die perke van die werksgebied wat God vir ons as perk gestel het, om julle ook te bereik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons sal nie spog oor iets waaroor ons nie mag spog nie. Ons sal net spog oor wat God vir ons gesê het om te doen, en dit is om ook by julle te werk in Korinte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek praat net oor die werk wat God my gegee het om te doen, oor niks anders nie. Hy het my aangestel om die goeie nuus met ander mense te deel, ook met julle. |