2 Corinthians 10:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ons durf ons nie uit die getal maak of ons vergelyk met sommige wat hulleself aanbeveel nie; maar hulle wat hulself meet en onder mekaar vergelyk, is nie wys nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons waag dit nie om ons in te deel of te vergelyk met “sekere mense” wat hulleself aanbeveel nie. Hulle het regtig nie insig nie; hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf en vergelyk hulleself net onder mekaar.
Afrikaans 1933/1953 Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.
Afrikaans 1983 Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense wat so 'n danige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf en vergelyk hulleself met hulleself.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons waag dit nie om onsself gelyk te stel aan of te vergelyk met sommige van dié wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hulle aan hulleself meet, en met hulleself vergelyk, verstaan hulle niks.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons sal nooit dink dat ons so goed is soos party mense in die gemeente nie, mense wat wil hê dat ons vir hulle moet glo. Hierdie mense kyk net na hulleself en dan dink hulle dat hulle goed is. En daarom verstaan hulle niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou ja, ek sal dit nie waag om my te vergelyk met daardie mense wat nou by julle preek en wat so baie oor hulle eie prestasies spog nie. Hulle dink geloof is ’n geestelike kompetisie. Daarom vergelyk hulle hulle gedurig met mekaar om te kyk wie is die beste gelowiges. Dit is dom. Ek sal nooit waag om so iets te doen nie.