2 Corinthians 10:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat so iemand so dink, dat soos ons in woord deur letters is wanneer ons afwesig is, so sal ons ook in daad wees wanneer ons teenwoordig is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle wat dit kwytraak, moet besef dat daar geen verskil is tussen wat ons in ons afwesigheid in die briewe skryf en wat ons doen as ons by julle teenwoordig is nie.
Afrikaans 1933/1953 Laat so iemand bedink dat soos ons met die woord deur briewe in ons afwesigheid is, ons dit ook met die daad in ons aanwesigheid is.
Afrikaans 1983 Die man wat so praat, moet weet dat daar geen verskil is tussen wat ons in briewe skrywe as ons van julle af weg is, en wat ons doen as ons by julle is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So iemand moet hiermee rekening hou dat ons woorde in ons briewe, wanneer ons afwesig is, ooreenstem met ons dade wanneer ons teenwoordig is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat so sê, moet weet: Wanneer ons nie by julle is nie, dan skryf ons in ons briewe wat ons sal doen, en ons sál dit doen wanneer ons by julle is, ons sal party mense straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die arme man maak maar ’n swak indruk en sy woorde is net ’n bondel wind. Hy preek ons skoon aan die slaap.” Hoor hier, dis alles leuens. Die mense wat hierdie stories versprei, moet weet dat ek altyd dieselfde is, of ek nou ’n brief aan julle skryf en of ek in lewende lywe daar by julle is.