2 Corinthians 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek, Paulus, self smeek julle deur die sagmoedigheid en sagmoedigheid van Christus, wat in teenwoordigheid onder julle gering is, maar afwesig is teenoor julle:
Afrikaans (NLV) 2011 Ek, Paulus, vra julle baie ernstig op grond van die nederigheid en toegeeflikheid van Christus — ek, wat mos, soos gesê word, “gedwee” is teenoor julle as ek bý julle is, maar “manhaftig” wanneer ek van julle af weg is.
Afrikaans 1933/1953 En ek self, Paulus, bid julle by die sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus, ek wat in julle teenwoordigheid wel nederig is onder julle, maar in my afwesigheid moedig teenoor julle --
Afrikaans 1983 Ek, Paulus, doen 'n persoonlike beroep op julle — ek, wat mos “gedwee” is as ek by julle is, maar “manhaftig” teenoor julle as ek van julle af weg is. In die Naam van Christus, wat nederig en vriendelik is, vra ek julle:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek self, Paulus – wat glo bedees is wanneer ek by julle teenwoordig is, maar ewe manhaftig teenoor julle wanneer ek afwesig is – doen 'n ernstige beroep op julle, met die sagmoedigheid en vriendelikheid van •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek weet julle dink dat wanneer ek by julle is, dan raas ek nie met julle nie, maar wanneer ek weg is, dan is ek kwaai met julle. Nou vra ek, Paulus, baie mooi vir julle, en ek vra dit omdat Christus 'n sagte hart het en omdat Hy goed is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil nou ernstig met julle praat. Maar ek doen dit in die gesindheid van Christus, Hy wat nederig en vol deernis teenoor almal is. Daar by julle word mos gesê: “Paulus is so mak soos ’n lammetjie wanneer hy hier is. Maar wanneer hy weg is, is hy verskriklik kwaai in sy briewe.”