2 Chronicles 9:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geloofd sy die HERE jou God wat 'n welbehae in jou gehad het om jou op sy troon te sit, om koning te wees vir die HERE jou God; omdat jou God Israel liefgehad het om hulle vir ewig te bevestig, daarom het Hy jou koning oor hulle aangestel om gerig te doen en geregtigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag die Here jou God geloof word! Hy verbly Hom in jou en het jou op die troon gesit om namens Hom te regeer. Dis omdat jou God vir Israel so liefhet en wil hê dat hierdie koninkryk vir altyd bestaan dat Hy jou koning gemaak het oor hulle sodat jy met reg en geregtigheid kan regeer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op sy troon as koning vir die HERE u God te laat sit! Omdat u God Israel liefhet om dit vir ewig in stand te hou, het Hy u as koning oor hulle aangestel om reg en geregtigheid te doen. |
| Afrikaans 1983 | Geloof sy u God, die Here, wat aan u soveel liefde bewys dat Hy u op sy troon gesit het, 'n koning deur u God, die Here, self aangewys! Dit is omdat u God vir Israel liefhet en die volk altyd in stand wil hou dat Hy u as koning oor hulle aangestel het om die orde en die reg te handhaaf.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here u God moet geprys word, Hy wat u so goedgesind is om u op die troon te plaas as koning vir die Here u God. Omdat u God Israel liefhet, en hulle altyd staande hou, het Hy u as koning oor hulle aangestel om reg en geregtigheid te laat geskied. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek prys jou God die Here wat so baie van jou hou dat Hy jou op sy troon laat sit. Jou God die Here self het jou koning laat word. Jou God het dit gedoen omdat Hy lief is vir Israel. Hy het jou koning laat word oor hulle, sodat jy reg kan doen en regverdig kan wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here, u God, is inderdaad baie groot! Dit is omdat u God Israel so liefhet en besluit het om hulle vir altyd in stand te hou dat Hy u hulle koning gemaak het, om regverdig te regeer.” |