2 Chronicles 9:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek het hulle woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë dit gesien het; en kyk, die een helfte van die grootheid van u wysheid is my nie meegedeel nie, want u oortref die roem wat ek gehoor het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek kon dit nie glo totdat ek hier aangekom het en dit met my eie oë gesien het nie. Trouens, die helfte daarvan is my nie vertel nie. Jou wysheid is baie meer as wat aan my meegedeel is.
Afrikaans 1933/1953 En ek het hulle woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte van u buitengewone wysheid is my nie meegedeel nie; u oortref die gerug wat ek gehoor het.
Afrikaans 1983 Ek het nie geglo wat hulle vir my gesê het nie totdat ek gekom en myself oortuig het. Nou weet ek dat nie eers die helfte vir my vertel is oor u groot wysheid nie. U het alles wat ek gehoor het, ver oortref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar ek het die berigte nie geglo nie, totdat ek gekom en dit met my eie oë gesien het. Kyk, die helfte is my nie vertel oor die omvang van u wysheid nie. U oortref die gerugte wat ek gehoor het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het dit nie geglo nie, maar nou het ek gekom en ek het dit self gesien. En regtig, ek het nog nie alles gehoor nie, ek het minder as die helfte gehoor. Jy is 'n wyse man, en jy is baie ryk. Mense het my vertel dat jy ryk is, maar jy is baie ryker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het nie geglo wat ek gehoor het nie. Maar noudat ek dit met my eie oë gesien het, besef ek dat die helfte my nooit vertel is nie! U wysheid is baie groter as wat ek ooit kon vermoed.