2 Chronicles 9:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die verdere geskiedenis van Salomo, die eerste en die laaste, is dit nie beskrywe in die boek van die profeet Natan en in die profesie van Ahía, die Siloniet, en in die gesigte van die siener Iddo teen Jeróbeam, die seun van Nebat nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die res van die gebeurtenisse tydens Salomo se bewind, van die begin tot die einde, is opgeteken in Die vertellings van die profeet Natan, in Die profesieë van Agija van Silo, en in Die visioene van die siener Jedi oor Jerobeam seun van Nebat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Profesie van Ah¡a, die Siloniet, en in die Gesigte van die siener Jedi oor Jerobeam, die seun van Nebat? |
| Afrikaans 1983 | Die res van die verhale oor Salomo, dié van vroeër sowel as dié van later, is opgeteken in Die Verhale van die Profeet Natan, Die Profesieë van Agija van Silo, en Die Gesigte van die Siener Jedi oor Jerobeam seun van Nebat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die res van die geskiedenis van Salomo, die vroeëre en latere geskiedenis, is dit nie opgeteken in die Geskiedenis van Natan, die profeet, in die Profesie van Agija, die man uit Silo, en in die Visioen van die siener Jedi oor Jerobeam, seun van Nebat, nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander dinge wat Salomo voorheen en later gedoen het, is geskryf in hierdie boeke: die Geskiedenis van die Profeet Natan, die Boodskappe van Agija van Silo en die Dinge wat die Siener Iddo gesien het en geskryf het oor Jerobeam seun van Nebat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van Salomo se geskiedenis, van die begin af tot die einde, is opgeskryf in die Herinneringe van Natan, die Profeet, Die Profesieë van Agija van Silo en Die Gesigte van Jedi, die Siener, wat handel oor Jerobeam, Nebat se seun. |