2 Chronicles 9:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning het silwer in Jerusalem gemaak soos klippe, en sederbome het hy gemaak soos wildevyebome wat in die laagvlaktes in menigte is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Silwer was so volop soos klippe in Jerusalem en seders so algemeen soos wildevyebome in die Laeveld. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte. |
| Afrikaans 1983 | Silwer het hy in Jerusalem so alledaags soos klippe gemaak en seders soos die wildevyebome in die Laeveld. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het silwer in Jerusalem so volop soos klippe gemaak, en sederhout so volop soos wildevyebome in die Sjefela gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo het so baie silwer gehad soos die klippe in Jerusalem en so baie sederhout soos die wildevyebome in die Laeveld. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verder het hy silwer so gewoon soos klippe in Jerusalem laat word en sederhout so gewoon soos die hout van die wildevyebome wat so volop in die laerliggende dele van die land groei. |