2 Chronicles 9:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Salomo het vier duisend stalle vir perde en strydwaens gehad, en twaalf duisend ruiters; wat hy geskenk het in die strydwastede en by die koning in Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het 4 000 stalle vir perde en strydwaens gehad en 12 000 perderuiters. Hy het hulle in die strydwadorpe aangehou en ook by die koning in Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953 Verder het Salomo vier duisend perdekrippe gehad en strydwaens en twaalf duisend ruiters, en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.
Afrikaans 1983 Salomo het vier duisend stalle vir perde en strydwaens gehad en twaalf duisend ruiters. Hy het hulle gestasioneer in die strydwaposte en by die paleis in Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Salomo het vierduisend stalle vir die perde en strydwaens gehad, en die strydwabemanning was twaalfduisend. Hy het hulle in die strydwastede en by hom, die koning, in Jerusalem gehou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het 4 000 stalle vir sy perde en oorlogkarre gehad en hy het 12 000 ryperde gehad. Hy het party perde in die stede laat bly om die oorlogkarre te trek en hy het party perde by hom in Jerusalem laat bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het staanplekke vir 4 000 perde en strydwaens en vir 12 000 kavallerie-perde gehad. Die meeste van hulle is in die strydwa-stede gestasioneer, maar ’n klompie was naby die koning, in Jerusalem.