2 Chronicles 9:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het elkeen sy geskenk gebring: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere, tuig en speserye, perde en muile, jaar na jaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Jaar na jaar het elkeen wat hom besoek het vir hom geskenke van silwer en goud, klere, wapens, speserye, perde en muile gebring.
Afrikaans 1933/1953 terwyl elkeen van hulle sy geskenk saamgebring het: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere, wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar.
Afrikaans 1983 Elkeen het sy geskenk saamgebring: silwer- en goudware, mantels, wapenrusting, kosbare kruie, perde en muile. So het dit jaar vir jaar gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elkeen het sy geskenk saamgebring: artikels van silwer en goud, kledingstukke, wapens en speserye, perde en muile. Dit het jaar ná jaar gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het almal presente saamgebring. Dit was silwergoed of goue goed of klere of wapens of speserye of perde of muile. Dit het elke jaar gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen wat hom besoek het, het ’n geskenk saamgebring. Die geskenke het goue en silwervoorwerpe, klere, wapens, speserye, perde en muile ingesluit.