2 Chronicles 9:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die skepe van die koning het saam met die dienaars van Huram na Tarsis gegaan; elke drie jaar het die skepe van Tarsis aangekom en goud en silwer, ivoor en ape en poue gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het ’n handelsvloot gehad wat beman is met matrose wat Hiram gestuur het. Elke drie jaar het hierdie Tarsisvloot teruggekeer, belaai met goud, silwer, ivoor, ape en bobbejane. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die koning het skepe gehad wat na Tarsis gevaar het saam met die dienaars van Huram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het 'n vloot gehad wat saam met die dienaars van Hiram na Tarsis toe gevaar het. Om die drie jaar het die Tarsisvloot teruggekom, vol goud en silwer, ivoor, ape en bobbejane. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want die koning het skepe gehad wat, met die dienaars van Huram daarop, na Tarsis kon vaar. Een keer in drie jaar het die handelskepe aangekom, gelaai met goud en silwer, ivoor, bobbejane en ape. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning se skepe het saam met die manne van Hiram na die land Tarsis gegaan. Die skepe het elke drie jaar goud en silwer, ivoor, ape en bobbejane gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning het destyds ’n handelsvloot gehad wat beman is deur matrose wat deur Hiram beskikbaar gestel is. Hulle het een keer elke drie jaar teruggekom en dan was hulle skepe gelaai met goud, silwer, ivoor, ape en poue. |