2 Chronicles 9:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die drinkgoed van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die Líbanon-woud was van suiwer goud; dit is van niks in die dae van Salomo gereken nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al koning Salomo se drinkbekers was van goud. So ook al die gebruiksartikels in die Libanonsbosgebou. Niks is van silwer gemaak nie omdat dit in Salomo se tyd geen waarde gehad het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die L¡banon-bos van fyn goud; silwer is in die dae van Salomo as niks gereken nie. |
| Afrikaans 1983 | Al koning Salomo se drinkgerei was van goud. Alles wat in die Libanonsbosgebou gebruik is, was van fyngoud. Silwer is in Salomo se dae nie as iets besonders beskou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die drinkgerei van koning Salomo was van goud, en al die toebehore in die saal, Bos van die Libanon, was van fyngoud. Daar was nie silwer nie. Dit is nie in koning Salomo se tyd as waardevol geag nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die bekers waaruit koning Salomo gedrink het, was van goud, en in die houthuis was al die bekers van skoon goud. In die tyd toe Salomo gelewe het, was silwer nie belangrik nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al koning Salomo se drinkbekers was van goud. Dit was ook die geval met alles wat in die gebou met die naam Woud van die Libanon gebruik is. Silwer was in die tyd van Salomo so volop dat dit nie eintlik in tel was nie. |