2 Chronicles 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En twaalf leeus het daar aan die een kant en aan die ander kant op die ses trappe gestaan. Daar was nie soortgelyke in enige koninkryk gemaak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Twaalf beelde van leeus het op die ses trappe gestaan, ses aan elke kant. Daar is in geen ander koninkryk so iets gemaak nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan: so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie.
Afrikaans 1983 Twaalf leeus het op die ses trappe gestaan, ses aan elke kant. Daar is in geen ander koninkryk so iets gemaak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Twaalf leeus het daar op die ses trappe gestaan, ses aan elke kant. So iets is nog nooit vir enige koninkryk gemaak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Langs altwee kante van die ses trappe het twaalf beelde van leeus gestaan. Daar was nie in 'n ander land so 'n mooi troon nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was ook twaalf leeus op die trappe, ses aan elke kant. Daar is nie nog só ’n koningstroon in ’n ander koninkryk te vind nie!