2 Chronicles 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was ses trappies na die troon, met 'n voetbank van goue, wat aan die troon vasgemaak was en stutte aan weerskante van die sitplek, en twee leeus wat by die stutte gestaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die troon het ses trappe gehad en die voetbank van goud was aan die troon vasgeheg. Aan albei kante van die troon was daar armleunings met ’n beeld van ’n leeu wat langsaan staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die troon het ses trappe gehad met 'n voetbank van goud, aan die troon bevestig; en leunings aan weerskante by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan. |
| Afrikaans 1983 | Die troon het ses trappe gehad en 'n voetbank wat met goud aan die troon vasgeheg was. Weerskante van die sitplek was daar armleunings, met 'n leeu langs elkeen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was ses trappe vir die troon en 'n voetbank van goud wat aan die troon verbind was. Daar was armleunings aan elke kant van die sitplek, met twee leeus wat langs die armleunings staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die troon het ses trappe gehad, en 'n voetbank van goud was vas aan die troon. Daar was plekke waar die koning se arms kon rus op altwee kante van die sitplek, en daar was 'n beeld van 'n leeu langs elke kant. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die troon het ses trappe gehad. Daar was ook ’n goue voetrus aan die troon vasgeheg. Weerskante van die sitplek was daar armleunings met ’n leeu aan elke kant. |