2 Chronicles 9:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het driehonderd skilde van geslae goud gemaak: drie honderd sikkels goud het vir een skild gegaan. En die koning het hulle in die huis van die woud van die Líbanon gesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook 300 kleiner skilde van bladgoud gemaak en het ongeveer drie en ’n half kilogram goud vir elkeen gebruik. Die koning het hierdie skilde in die Libanonsbosgebou uitgestal.
Afrikaans 1933/1953 en drie honderd klein skilde van geslae goud; drie honderd sikkels goud het hy op elke klein skild gebruik; en die koning het dit in die huis van die L¡banon-bos gesit.
Afrikaans 1983 Hy het ook nog drie honderd klein skilde van goud gemaak; hier het hy sowat drie en 'n half kilogram vir elke skild gebruik. Die koning het hulle opgestel in die Libanonsbosgebou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het ook driehonderd kleinskilde gemaak met geplette goud daarop. Elkeen van hierdie skilde het hy met driehonderd sikkel goud oorgetrek. Die koning het dit in die saal, genoem Bos van die Libanon, geplaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het ook 300 klein skilde laat maak van goudplate. Hulle het 300 sikkels goud vir elke skild gebruik. Die koning het die skilde in die houthuis gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en vir elke klein skild omtrent drie en ’n half kilogram. Hy het al die skilde in die gebou, bekend as Woud van die Libanon, geplaas.