2 Chronicles 9:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Behalwe dit wat kapers en handelaars gebring het. En al die konings van Arabië en goewerneurs van die land het goud en silwer vir Salomo gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het nie die addisionele inkomste ingesluit wat hy van reisigers en handelaars ontvang het nie. Al die konings van Arabië en die Israelitiese goewerneurs het ook goud en silwer aan Salomo betaal.
Afrikaans 1933/1953 behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die handelaars, terwyl ook al die konings van Arabië en die goewerneurs van die land vir Salomo goud en silwer ingebring het.
Afrikaans 1983 Behalwe wat die reisigers en handelaars ingebring het, het al die konings van Arabië en die Israelitiese goewerneurs ook goud en silwer aan Salomo gelewer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was afgesien van die goud wat gekom het van die handelsreisigers en wat die handelaars gebring het. Al die konings van die Arabiere en die •streekgoewerneurs van die land het telkens vir Salomo goud en silwer gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het ook nog goud en silwer gekry van die mense wat deur sy land gegaan het, en van die handelaars en van al die konings van Arabië en van die goewerneurs in die land Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sluit nie eens die belasting in wat hy op die handelaars en reisigers gehef het nie. Daarby het al die Arabiese konings en die goewerneurs van gebiede ook vir Salomo goud en silwer ingebring.