2 Chronicles 9:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee, alles wat sy gevra het, behalwe wat sy na die koning gebring het. Toe het sy omgedraai en na haar land gegaan, sy en haar dienaars.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Salomo het vir die koningin van Skeba gegee wat sy ook al gevra het. Dit was geskenke van groter waarde as wat sy vir hom gebring het. Daarna het sy en haar volgelinge na hulle eie land toe vertrek.
Afrikaans 1933/1953 En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee, wat sy maar gevra het, bo wat sy na die koning gebring het. Daarop het sy teruggekeer en na haar land getrek, sy en haar dienaars.
Afrikaans 1983 Vir die koningin van Skeba het koning Salomo alles gegee wat sy begeer en gevra het, meer selfs as wat sy vir die koning gebring het. Sy is toe terug na haar land toe, sy en haar gevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Salomo weer het vir die koningin van Skeba alles gegee wat sy wou hê en waarvoor sy gevra het, meer as waarmee sy by die koning aangekom het. Daarna het sy die terugtog aangepak en na haar land gegaan, sy en haar dienaars.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Salomo het vir die koningin van Skeba alles gegee wat sy wou hê, hy het alles gegee wat sy gevra het. Dit was meer as die goed wat sy vir die koning gebring het. Sy en haar amptenare het toe teruggegaan na haar land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Salomo het op sy beurt vir die koningin van Skeba alles gegee wat sy gevra het. Dit was selfs meer werd as die geskenke wat sy vir hom gegee het. Sy en al haar mense het toe vertrek en na haar land toe teruggekeer.