2 Chronicles 9:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het van die algumbome terrasse gemaak na die huis van die HERE en na die paleis van die koning, en siters en harpe vir sangers; en so iemand was nog nie tevore in die land Juda gesien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het die jenewerhout gebruik om trappe vir die tempel van die Here en die koninklike paleis te maak, en ook om harpe en liere vir die musikante te maak. Daar was nooit vantevore sulke pragtige musiekinstrumente in Juda nie.)
Afrikaans 1933/1953 En die koning het van die sandelhout trappe vir die huis van die HERE en vir die huis van die koning gemaak, en siters en harpe vir die sangers; en die gelyke daarvan is tevore in die land Juda nie gesien nie.
Afrikaans 1983 Die koning het die jenewerhout gebruik vir relings by die huis van die Here en by die koninklike paleis, en vir die liere en harpe van die musikante. Die gelyke daarvan is tevore nie in Juda gesien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en van die jenewerhout het die koning trappe gemaak vir die huis van die Here en vir die koninklike paleis, en ook liere en harpe vir die sangers. So iets is nog nooit tevore in die gebied van Juda gesien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het die jenewerhout gebruik om tralies te maak in die tempel en in die paleis en ook om liere en harpe te maak vir die mense wat moes sing. Niemand het weer in die land Juda hout gesien wat so mooi is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het die hout gebruik om trappe vir die tempel en die paleis te bou en om liere en harpe vir die musikante te maak. Sulke instrumente is nog nie voorheen in Juda gesien nie.)