2 Chronicles 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die koningin van Skeba van die gerug van Salomo hoor, het sy gekom om Salomo te beproef met moeilike vrae in Jerusalem, met 'n baie groot menigte, en kamele wat speserye dra en goud in oorvloed en edelgesteentes; en toe sy gekom het; aan Salomo het sy met hom gepraat oor alles wat in haar hart was.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die koningin van Skeba van Salomo se aansien hoor, het sy Jerusalem toe gekom om hom met moeilike vrae te toets. Sy het gekom met ’n groot gevolg en kamele gelaai met speserye, baie goud en kosbare juwele. Toe sy Salomo ontmoet, het hulle oor alles gepraat wat sy op die hart gehad het.
Afrikaans 1933/1953 En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor, het sy, ten einde Salomo in Jerusalem met raaisels op die proef te stel, gekom met 'n baie groot trek en kamele wat speserye en goud in menigte en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.
Afrikaans 1983 Die koningin van Skeba het gehoor wat van Salomo vertel word en sy het toe self na Jerusalem toe gekom om hom met moeilike vrae te toets. Sy het 'n baie groot gevolg saamgebring en ook kamele wat belaai was met kosbare kruie en 'n groot hoeveelheid goud en edelstene. Toe sy by Salomo kom, het sy met hom oor alles gepraat waaraan sy kon dink,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die koningin van Skeba die berigte oor Salomo hoor, het sy gekom om Salomo met raaisels te toets in Jerusalem. Met 'n baie groot gevolg, kamele gelaai met speserye, groot hoeveelhede goud asook edelstene, het sy by Salomo aangekom. Sy het met hom gepraat oor alles wat sy op die hart gehad het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koningin van die land Skeba het gehoor dat die mense oor Salomo praat, en sy het gekom om te hoor of hy regtig so baie wysheid het. Sy het na Jerusalem gekom, en daar was baie mense saam met haar, ook kamele wat speserye en baie goud en duur edelstene gedra het. Sy het na Salomo toe gekom en sy het vir hom alles gevra wat sy wou vra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koningin van Skeba het gehoor van Salomo se goeie naam en van sy besondere wysheid. Daarop het sy besluit om Jerusalem toe te gaan om hom met moeilike vrae te toets. Sy het met ’n groot groep bediendes daar aangekom. Daar was ook ’n karavaan kamele wat gelaai was met speserye, baie goud en waardevolle edelstene. Nadat sy hom ontmoet het, het sy oor alles waaroor sy nagedink het, met hom gepraat.