2 Chronicles 8:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Baälat en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en al die strydwastede en die stede van die ruiters en alles wat Salomo wou bou in Jerusalem en op die Líbanon en in die hele land van sy heerskappy. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het in hierdie tyd ook Baälat en ander voorraadstede herbou, en stede gebou waar sy strydwaens en perde aangehou kon word. Hy het al die beplande bouwerk in Jerusalem, die Libanon en deur sy hele ryk voltooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook B älat en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en al die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en alles wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die L¡banon en in die hele land van sy heerskappy. |
| Afrikaans 1983 | net so ook Baälat en al die voorraadstede wat hy besit het, die stede vir die strydwamagte en die berede magte. Verder het hy al die bouwerk waarop hy besluit het, voltooi in Jerusalem, op die Libanon en dwarsdeur die land waaroor hy geregeer het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ook Baälat en al die voorraadstede wat aan Salomo behoort het, al die stede vir die strydwaens en vir die perde, ja, alles wat Salomo ook al graag wou bou in Jerusalem en in die Libanon, in die hele gebied waaroor hy regeer het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die stad Baälat gebou en ook al die stede waar hy sy goed gebêre het en die stede waar sy oorlogkarre en sy ryperde was. Salomo het alles gebou wat hy wou bou in Jerusalem en op die Libanon-berg en in die hele land waar hy koning was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook Baälat en sy voorraadstede versterk, asook die stede waar die strydwaens en die perderuiters gestasioneer was. Verder het hy alles aangepak wat hy graag wou doen in Jerusalem, die Libanon en in die res van die gebied onder sy beheer. |