2 Chronicles 8:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Huram het vir hom deur die hand van sy dienaars skepe gestuur en dienaars wat kennis van die see gehad het; en hulle het saam met die dienaars van Salomo na Ofir gegaan en daarvandaan vier honderd en vyftig talente goud geneem en dit na koning Salomo gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hiram het vir hom skepe, beman deur sy eie ervare seemanne, gestuur. Hulle het saam met Salomo se manskappe na die land Ofir gevaar. Hulle het byna vyftien en ’n half ton goud vir koning Salomo daarvandaan teruggebring.
Afrikaans 1933/1953 En Huram het aan hom deur sy dienaars skepe gestuur en dienaars wat die see ken; en hulle het saam met Salomo se dienaars in Ofir aangekom, en daarvandaan vier honderd en vyftig talente goud gaan haal en na koning Salomo gebring.
Afrikaans 1983 Hiram het vir hom skepe gestuur en ervare seemanne onder bevel van hulle eie offisiere. Hulle het met die manne van Salomo saamgegaan na Ofir toe en daar sowat vyftien en 'n half ton goud vir koning Salomo gaan haal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Huram het aan hom skepe onder bevel van sy dienaars beskikbaar gestel, asook dienaars wat die see geken het, en hulle het saam met Salomo se dienaars na Ofir gevaar. Hulle het van daar af vierhonderd-en-vyftig kikkar goud gebring en dit na koning Salomo geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiram het party van sy amptenare na Salomo toe gestuur en hulle het skepe gebring en mense wat die see ken. Hulle het saam met Salomo se mense na die land Ofir gegaan en hulle het 450 talente goud vir koning Salomo gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiram het vir hom skepe gestuur, met ervare bemanning onder bevel van hulle eie offisiere uit Tirus. Hulle is saam met Salomo se mense Ofir toe om ’n vrag van omtrent vyftien en ’n half ton goud vir koning Salomo te gaan haal.