2 Chronicles 8:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die werk van Salomo was gereed tot op die dag van die grondlegging van die huis van die HERE, en totdat dit voltooi was. So het die huis van die HERE volmaak geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het Salomo verseker dat al die werk in verband met die tempel van die Here uitgevoer is vanaf die dag toe die fondamente van die tempel van die Here gelê is totdat dit voltooi is. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het dan al die werk van Salomo tot stand gekom van die dag af dat die huis van die HERE gegrondves is tot sy voltooiing toe: die huis van die HERE was voltooi. |
| Afrikaans 1983 | So is al Salomo se werk afgehandel, van die dag af dat die fondamente van die huis van die Here gelê is totdat Salomo die tempel voltooi het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So is al die werk van Salomo uitgevoer, van die dag af dat die fondament van die huis van die Here gelê is tot by die voltooiing daarvan. Die huis van die Here was volledig afgerond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So het Salomo alles gedoen van die dag toe hy die fondamente van die tempel gebou het totdat hy die tempel heeltemal klaar gebou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is hoe Salomo verseker het dat alle werk ten opsigte van die tempel van die Here voltooi is: van die dag toe die fondasies gelê is tot op die dag toe alles voltooi is. |