2 Chronicles 8:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het volgens die bevel van sy vader Dawid die afdelings van die priesters vir hulle diens aangestel, en die Leviete vir hulle amptenare, om voor die priesters te loof en te dien soos die diens van elke dag vereis word: ook die poortwagters volgens hulle diens bane by elke poort, want so het Dawid, die man van God, beveel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die priesters se take bepaal volgens die voorskrifte van sy pa Dawid. Hy het ook die Leviete beveel om volgens voorskrifte die volk te lei in die lofprysings. Hulle moes ook die priesters bystaan in hulle daaglikse pligte. Hy het ook die poortwagters volgens hulle afdelings aangestel soos Dawid, die man van God, beveel het.
Afrikaans 1933/1953 Ook het hy volgens die voorskrif van sy vader Dawid vir die afdelings van die priesters hulle dienswerk vasgestel; en vir die Leviete hulle ampspligte, om God te prys en te dien voor die priesters na die eis van elke dag; en vir die poortwagters volgens hulle afdelings vir elke poort; want so was die gebod van Dawid, die man van God.
Afrikaans 1983 Salomo het, volgens die orde wat sy vader Dawid vasgestel het, vir die priesterafdeling hulle dienste bepaal en vir die Leviete hulle diensbeurte met die oog op die lofsang en die bystand aan die priesters soos dit van dag tot dag nodig was; so ook vir die afdelings poortwagte by elke poort. Dit is immers hoe Dawid, die man van God, dit voorgeskryf het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het toe, volgens die voorskrif van sy vader Dawid, die afdelings van die priesters laat aantree vir hulle dienswerk, en die Leviete vir hulle verpligtinge om in die teenwoordigheid van die priesters lof te bring en om te dien volgens die vereiste van elke dag. Hy het ook die poortwagte in hulle afdelings laat aantree by elke poort, want dit was die opdrag van Dawid, die man van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het groepe priesters gekies en aangestel vir hulle werk en hy het Leviete aangestel om die Here te prys en die priesters te help. Hy het gedoen soos sy pa Dawid gesê het. Hy het ook poortwagte aangestel om elke dag by al die poorte te werk, want so het Dawid, die man van God, gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook volgens die voorskrifte van Dawid die priesters se diensbeurte per afdeling gereël. Dit is ook vir die Leviete gedoen vir hulle beurte by die lofsang, hulle hulp aan die priesters soos dit daagliks nodig was en hulle diensbeurte as wagte by elke poort van die stad. Dit was ’n opdrag van Dawid, die man van God.