2 Chronicles 8:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Selfs volgens 'n sekere tarief elke dag, offer volgens die bevel van Moses, op die sabbatte en op die nuwemane en op die feeste, drie maal in die jaar, op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van weke, en in die huttefees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die offerandes het van dag tot dag gewissel volgens die opdragte wat Moses gegee het. Offers is gewy op die Sabbatte, by nuwemaan en die drie jaarlikse feeste, naamlik die Fees van die Ongesuurde Brood, die Fees van die Weke en die Huttefees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop moes hulle na die eis van elke dag offer volgens die gebod van Moses, op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye, drie maal in die jaar -- op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees. |
| Afrikaans 1983 | Die offers is gebring soos dit van dag tot dag moes gebeur volgens die voorskrif van Moses: op die sabbatte, die nuwemaansfeeste en die feestye drie maal per jaar, naamlik die fees van die ongesuurde brood, die fees van die weke en die huttefees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | volgens die vereiste van elke dag, dit wat, ooreenkomstig die bevel van Moses, geoffer moes word op die Sabbatte, tydens die nuwemaansfeeste en die vaste feestye – drie keer per jaar by die Fees van die Ongesuurde Brood, die Fees van die Weke en die Huttefees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ge-offer soos dit elke dag nodig was, en soos Moses gesê het. Hy het ge-offer op die Sabbatdae, op die Nuwemaan-feeste, en op die drie groot feeste wat hulle elke jaar gevier het: die Fees van die Ongesuurde Brood, die Fees van die Weke en die Hutte-fees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die offers het van dag tot dag gewissel, volgens die opdragte van Moses. Daar was ekstra offers op die sabbatte, op nuwemaansfeeste en by die drie jaarlikse feeste. Die drie was die fees van die ongesuurde brode, die fees van die weke en die huttefees. |