2 Chronicles 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Salomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid opgebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: My vrou mag nie in die huis van Dawid, die koning van Israel, woon nie, want die plekke is heilig waarvoor die ark van die HERE het gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Salomo het sy vrou, die dogter van die farao, uit die Dawidstad laat verhuis na die nuwe paleis wat hy vir haar gebou het. Hy het gesê: “My vrou kan nie in koning Dawid van Israel se paleis woon nie, want dit is heilige grond omdat die ark van die Here daar gestaan het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Salomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: Geen vrou van my mag woon in die huis van Dawid, die koning van Israel, nie; want dit is heilig, omdat die ark van die HERE daarin gekom het. |
| Afrikaans 1983 | Salomo het die dogter van die farao uit die Dawidstad laat trek na die paleis toe wat hy vir haar gebou het, “want,” het hy gesê, “'n vrou van my kan nie in die paleis van koning Dawid van Israel woon nie; dit is 'n heiligdom, want die ark van die Here het daar gestaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dogter van die farao is deur Salomo uit die •Stad van Dawid opgeneem na die paleis wat hy vir haar gebou het, want hy het gesê: “'n Vrou van my mag nie in die paleis van Dawid, die koning van Israel, woon nie, want die plekke waar die ark van die Here gekom het, is heilig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo het die dogter van die farao uit die Dawidstad gebring na die huis wat hy vir haar gebou het. Hy het gesê: “'n Vrou van my mag nie woon in die paleis van koning Dawid van Israel nie, want die plekke is gewyd waar die kis van die Here gekom het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het sy vrou, wat ’n dogter van die farao was, uit die Stad van Dawid verskuif na die nuwe paleis wat hy vir haar gebou het. Hy het gesê: “My vrou moet nie in koning Dawid se paleis woon nie, want die ark van die Here was daar en daarom is dit heilig.” |