2 Chronicles 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit was die owerstes van koning Salomo se opsigters, twee honderd en vyftig, wat oor die volk geheers het.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Salomo het ook 250 van hulle aangestel om toesig te hou oor die verskillende projekte.
Afrikaans 1933/1953 En dit was die hoofopsigters van koning Salomo, twee honderd en vyftig wat oor die mense bevel gevoer het.
Afrikaans 1983 Daar was ook nog die volgende getal uitvoerende beamptes oor wie koning Salomo beskik het: twee honderd en vyftig wat gesag oor die volk uitgeoefen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle was ook die hoofopsigters van koning Salomo – tweehonderd-en-vyftig wat bevel gevoer het oor die mense.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het 250 belangrike amptenare gehad wat moes kyk dat die mense hulle werk doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Salomo het 250 van hulle aangestel as toesighouers oor sy projekte.